



Ek dink nie woorde is genoeg om die mense te bedank, wat saam my die pad gestap het om hierdie album 'n werklikheid te maak nie.
Aan elke persoon wat die album aankoop. Sonder julle kan ek nie my musiek versprei nie. Mag die Album julle harte aanraak.
Aan Riaan Steyn. Dankie dat jy van die staanspoor af jou volle toewyding gegee het aan my werk en my drome help realiseer het. Dankie dat jy met die komposisie van elke liedjie gehelp het om dit wat ek voel te openbaar.Dit was ‘n vooreg om saam met jou te werk.
Aan die tegniese span, musikante en backing vocalists. Dankie dat julle my Album die gevoel gegee het waarna ek gesoek het. Julle talente verstom my.
Aan Jotham Van Tonder. Dankie vir die tyd wat jy bestee het aan die fotografie en om my vas te vang in foto’s wat my inner wese uitstraal.
Aan die Viljoen gesin. Dankie vir julle ondersteuning en omgee. Dankie dat ek my inspirasie kon vind by Helgaard en dat julle met opgewondenheid en entoesiasme my aangemoedig het om die liedjies vir hom te skryf.
Aan Helgaard. Al is jy nie meer hier by my nie, het jy my geinspireer en my gehelp om dieper te delf. Dankie dat die nagedagtenis van jou my gehelp het om woorde te vind vir dit wat ek nooit kon sê nie.
Dan wil ek dankie sê aan my gesin. Dankie dat julle my al van 'n jong ouderdom af aanmoedig en ondersteun. Dankie vir elke geleentheid wat julle my bygestaan het en julle my gehelp het om te skryf en te sing. Dankie dat julle tyd in my belê het en elke tree wat ek gegee het daar was. My liefde vir julle is ongelooflik groot.
Laastens wil ek ‘n dankgebed opstuur aan My Rots en Steunpilaar. My Hemelse Vader. Aan U is ek alles verskuldig. U het my geseën met gawes en geleenthede. Dit het alles begin by U. Met U as fondasie kon ek bou en werk en hoër hoogtes bereik. Alles kom terug na U. U is die begin en die einde. Deur U kan ons as mens soveel vermag.
Simoné Smalberger's debut album will be available on 17 June 2017 in stores. This album includes some of Simoné own tracks.
Do not hesitate to book Simoné for a gig, function, wedding or special event.
To see where and when Simoné is performing, check out her Calendar.Feel free to contact Simoné for more information.