Simoné Smalberger Singer

Simoné Smalberger SingerImage

Lyrics

Helgaard (Taken from Vlam van Hoop)
R. Steyn, S. Smalberger, Traxtudio Music Publishing

Dit was die swartste nag
Jou lag het vir ewig versag
Die begin van die ewigheid
‘n Rusplek vir jou

Soos die strale deurbreek
Deur die bloekomblare
Daar soek ek rustigheid
Rus vir my gees

In die stilte begin ek
Begin ek luister
Na die gekabbel van water
Die gefluister van wind


Die blare kommunikeer
Kommunikeer met morskode
Die natuur gesels
In ‘n engel stem

Luister na die gefluister
Gefluister van die wind
Voel die briesie in jou hart
Dis verlange wat so brand

Ons vra waarom
Soek na antwoorde op ons vrae
Die beeld in die wolke
Sê jy het rus gevind

As die strale wegraak
Wegkruipertjie speel en dit word skemer
Daar vind ek ook nou rustigheid
Rus vir my hart

Die blare kommunikeer
Kommunikeer met morskode
Die natuur gesels
In ‘n engel stem



Luister na die gefluister
Gefluister van die wind
Voel die briesie in jou hart
Dis verlange wat so brand

Vlam van Hoop - Available on 17 June 2017

Simoné Smalberger's debut album will be available on 17 June 2017 in stores. This album includes some of Simoné own tracks.

Want to Book Simoné?

Do not hesitate to book Simoné for a gig, function, wedding or special event.

Simoné's Calendar

To see where and when Simoné is performing, check out her Calendar.Feel free to contact Simoné for more information.

Bundox Lodges
iTunes Store
Burdhous Photography
Traxtudio
Red Revolution
RISA
Fleur de Lys
JS Consulting