



Het iemand al ooit
Sal iemand ooit kan
Ek gaan probeer
Om jou te laat verstaan
Jou soeke na vrede
Jy staan op jou knieë
Jou hulproep na Bo
Te bang om te vra
Emosies opgehoop
Teleurstelling, O so groot
Eensaamheid neem oor
Jy begin jouself verloor
Koor: Sit die lemme neer
Ek is jou vlam van hoop
Verlos jou van die seer
Ek het jou kom red
Die vuishou in jou maag
Die steekpyn in jou hart
Die opgedroogde trane
En die snikke wat losbars
n Treurprent verskyn
Jou hoop wat verdwyn
Jou soeke na die
Maklike uitweg
Al hierdie pyn
Begin jou verteer
Ek gaan prober
Om jou te verlos
Emosies opgehoop
Teleurstelling, O so groot
Eensaamheid neem oor
Jy begin jouself verloor
Koor Herhaal
Simoné Smalberger's debut album will be available on 17 June 2017 in stores. This album includes some of Simoné own tracks.
Do not hesitate to book Simoné for a gig, function, wedding or special event.
To see where and when Simoné is performing, check out her Calendar.Feel free to contact Simoné for more information.